
Jesaja 43:1
Tik jou naam en lees die belofte wat vir jou bedoel is
’n Jaar lank saam met vroue van die Bybel, op pad na jouself
Dorrithé Labuschagne
Also available in English →
Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!JESAJA 43:1
Vir wie is hierdie boek?
Dalk is jou dae vol van ander mense se behoeftes, en het jou eie verhaal iewers stil geword. Hierdie boek nooi jou om elke week ’n bietjie tyd vir jouself te maak, saam met ’n vrou uit die Bybel wat ook gewag, gehoop, geworstel en geglo het.
Party van hulle ken jy al van kleins af. Ander kry net ’n paar sinne in die Bybel, en tog het God elkeen by haar naam geken.
By God is jy nooit net ’n bysaak in iemand anders se verhaal nie.

Die vroue
Eva beteken lewegewer en Hanna beteken begunstig. As jy ontdek wat haar naam beteken, begin jy wonder wat God oor jou naam sê.








Jou naam hoort ook in hierdie boek.
Hoe ’n week lyk
Jy leer haar ken: wie sy was, hoe haar wêreld gelyk het en wat haar naam beteken.
Jy kyk na haar keuses, haar seer en haar moed, en sien dalk iets van jouself raak.
Dan is dit jou beurt. Die vrae help jou om eerlik na jou eie lewe te kyk, en aan die einde van die week praat sy self met jou in ’n gedig.
“Skink vir julle twee iets om te drink, trek ’n tweede stoel nader… Die eerste vrou staan al by jou deur.”Uit Voordat jy begin
Drie vrae wat jou die hele jaar vergesel en stil-stil ’n gewoonte word om by God en by jouself in te kyk.
Blaai deur die joernaal
Die boek word oopgemaak…
Die joernaal-jaarboek
’n Voorskou van vier bladsye uit Eva se week, in die joernaal-jaarboek.
Stilstaan by jou eie lewe,
eerlik kyk na wat jy sien,
en dan die pen optel.
Party van hierdie verhale raak aan diep dinge. Die boek gee jou die ruimte om teen jou eie pas te gaan, en wys jou waar om ondersteuning te kry as jy dit nodig het.
Die formate
Vir jouself, of as geskenk vir ’n vrou wat vir jou kosbaar is.
Bestel nou vooraf. Die boek verskyn op 1 Desember 2026.

Die volledige jaar in een boek
Die verhale, die vrae en genoeg plek om te skryf, alles in een hardeband-boek. Aan die einde van die jaar hou jy jou eie verhaal in jou hande.


Die leesboek en die werkboek is twee aparte boeke. Dit is makliker om saam te dra, en dit pas jou as jy verkies om in ’n aparte boek te skryf.
R530
R650 tot by jou deur
Bestel vooraf
Vir die vrou wat reeds ’n joernaal het wat sy liefhet, of wat die verhale eers net wil lees en oordink.
R380
R500 tot by jou deur
Bestel vooraf
Lees dit op jou foon, tablet of rekenaar.
R250
Vanaf 1 Desember 2026 wag jou e-boek in My Leeskamer
Bestel voorafKoop jy ’n harde kopie en die e-boek saam, kry jy die e-boek teen die helfte van die prys.
Ons stuur jou boek per koerier sodra dit van die drukker af kom, of jy haal dit gratis in Pretoria-Oos af.
Vir jou damesgroep
Sommige verhale vra om saam gelees te word. Nooi Dorrithé om by julle damesgroep te kom kuier en te gesels oor die vroue van die Bybel en die vrou wat elkeen van julle is.
Oor die skrywer
Dorrithé was eers ’n onderwyser en is nou ’n Opvoedkundige Sielkundige in Pretoria. Sy het ’n liefde vir mense en hulle verhale, maar meer nog vir die God van hulle verhale.
Hierdie boek het uit daardie liefde gegroei, in die hoop dat elke vrou wat dit oopmaak, haar eie verhaal met nuwe oë sal lees.